#MRtC en Die Krip Landboufees is verheug om Lionel’s Vet te verwelkom, spesialiste in die produksie van bees en wild. Moet dit nie misloop nie!!
#MagaliesRockstheCradle
#MRtC2023
#DieKripLandboufees
#LionelsVet
#Beesproduksie
#Wildproduksie
#WeLoveMagalies
“Kom verlustig jou in die wonder van die natuur onder groot bome en op groen grasperke, kom smul aan heerlike tradisionele feeskos soos pannekoek, vetkoek, biltong en ander lekkernye, kom snuffel by die talle stalletjies met handgemaakte produkte, en kom luister na insiggewende praatjies oor die boerdery, politiek en kry jou kop reg vir die res van die jaar.” So sê Neil Dry, feesorganiseerder, groot kommersiële boer en eienaar van die Nieman Varkstoet in Magaliesburg.
Volgens Dry gaan die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Tanya V en Eugene Nel die Saterdag optree. Daar is ook ‘n vroue program met ‘n kosdemonstrasie deur sjef Riëtte Strydom, asook Susan Coetzer se vertoning “Koeke en Terte”.
By Die Krip Landboufees gaan jy kennis maak met Black Horse Brewery, waar jy kan gin proe, Jakkalsvlei wyne, waar jy ‘n verskiedenheid van hul top gehalte wyne kan proe, John Deere, wat hul trekkers en van die beste plaasimplemente gaan demonstreer.
Dit beloof om ‘n fees ter feeste te wees,” sluit Dry af.